English



Classics is Groot 2017 is hier!

Tydens AiG 2016 kon gehore in ‘n neutedop ‘n idee kry hoe ons nuutgevonde produksie Classics is Groot daarna uitsien en die reaksie was oorweldigend op veral die Nederlandse kinderster Amira wat harte laat smelt het, Jannie Moolman se uitvoering van Kalinka, en natuurlik Touch of Class se weergawe van Sound of Silence wat gehore staande gehad het met Ruhan se uitmuntende vertolking van hierdie klassieke pop-treffer. 

 Die goeie nuus is dat Classics is Groot terug is in Pretoria op 23 en 24 Junie 2017 met musiekoomblikke en items wat jou na jou asem gaan laat snak. ‘n Uitreksel uit The Phantom of the Opera, Elvis Presley se klassieke American Trilogy, Pie Jesu en Queen se klassieke The show must go on is maar net van die betowerende oomblikke wat vir jou wag.

 Dis ‘n kleurvolle viering van musiek – van ikoniese pop-treffers tot legendariese klassieke werke.

 Die beter nuus is dat die geliefde engelkind Amira en die fantastiese Touch of Class weereens die verhoog sal deel met ons geliefde en uiters talentvolle Corlea Botha en Jannie Moolman vir vele hoendervleis-oomblikke wat laat glimlag, die trane laat loop en harte warm maak.

 Ook op die verhoog is die Amerikaanse sanger Joseph Clark, bekend vir sy uitmuntende vertolkings van Freddie Mercury (Queen at the Opera), die gewilde Tarryn Lamb (van die sanggroep Blackbyrd) en vir die eerste keer in baie jare sal die superduo COLESKE wat in die 90’s bekend was vir wêreldtreffers soos My Only en Take me where the sun is shining weer lewendig gesien word met hul ongelooflike harmonieë.

 ‘n Hoogtepunt wat ‘n eerste vir Pretoria-gehore sal wees, is die feit dat die wêreldberoemde Joburg Ballet Company ook te siene sal wees in ‘n item, so reg in die kraal van die fynproewer.

 Moet dus nie laat hierdie asemrowende geleentheid jou verby gaan nie. Met vele groot treffers uit die verlede, 

Classics is Groot beloof om jou op die voorpunt van jou stoel te hou.

CLASSICS IS GROOT

AMIRA / JANNIE MOOLMAN / CORLEA / TOUCG OF CLASS / COLESKE / JOSEPH CLARK / SWING CITY / MONIQUE STEYN /         TARRYN LAMB / CHARL DU PLESSIS / JOBURG BALLET COMPANY

23 & 24  JUNIE 2017, MORELETA PARK OUDITORIUM

KAARTJIESTARIEWE VANAF R 350 TOT R R625

www.ticketpro.co.za